Warriors is reg vir vanmiddag se Cosafa-wedstryd

Die Namibiese sokkerspan meet vanmiddag kragte teen Madagaskar in die kwarteindronde van die 2022 Cosafa-beker in die King Zwelithini-stadion in Durban, Suid-Afrika. Die Brave Warriors word gekortwiek deur drie beserings. Die wedstryd skop vanmiddag om twee-uur af. Die hoofafrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, sê die jong span is gereed om teen Madagaskar uit te draf.