Warren Gatland dalk nuwe Walliese rugby-afrigter

Rugby: Warren Gatland is volgens berigte die gunsteling om Wayne Pivac as Walliese afrigter te vervang. Dit volg op Saterdag se nederlaag van 39-34 teen Australië toe die tuisspan ineengestort en in die laaste 19 minute 26 punte afgestaan het. Dit het die vermoede laat ontstaan dat Pivac binne die volgende 48 uur afgedank gaan word. Wallis het 20 uit 34 toetse onder sy leiding verloor. Die Walliese Rugbyunie sal na verwagting môre ‘n raadsvergadering hou om oor Pivac se toekoms te besin. Gatland se termyn as Walliese afrigter van 2007 tot 2019 was ‘n sukses en hy het onder andere vier Sesnasies-titels gewen.