Warmer weer volgende week voorspel

Volgens die jongste weermodelle gaan die koue toestande nog die naweek voortduur oor groot dele van die land, en veral in die suide. Johan van den Berg, ‘n bekende weerkenner van Suid-Afrika, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar kan nog koue nagte en kouefronte wees, maar volgende week behoort dit warmer te word.