Warmbad-man vas vir 30 000 se dagga

Die Namibiese polisie sê dat ‘n 45-jarige Namibiese man in hegtenis geneem is in besit van skunk-dagga ter waarde van 30 000 Namibiese dollar. Die dwelms, wat ongeveer 600 gram weeg, is gevind by ‘padblokkade tussen Warmbad en Karasburg. Die verdagte sal vandag in die hof op Karasburg verskyn. Daar was verskeie ander arrestasies met kleiner hoeveelhede dagga regoor die land en ook op Usakos waar die polisie ‘n operasie uitgevoer het.