Wapens van veiligheidstrukture moet mikroskyfies kry – VF+

Die Vryheidsfront Plus in die buurland het tydens ‘n onlangse vergadering van die Gemeenskaps-veiligheidkomitee in Gauteng voorgestel alle vuurwapens wat deur veiligheidstrukture in die provinsie gebruik word, moet met mikroskyfies toegerus word. Ongeveer 279 vuurwapens en duisende rondes ammunisie is die afgelope drie jaar as verlore of gesteel aangemeld. ‘n VF Plus-lid van die wetgewer, Kobus Hoffman, sê daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat hierdie vuurwapens en ammunisie maklik in die hande van misdadigers kan beland, as dit nie alreeds gebeur het nie: