Wapeneienaarskap in Namibië is steeds vir sport en jag

Plaaslike reaksie word ontvang oor berigte uit Suid-Afrika dat al hoe meer vroue vuurwapens aanskaf. Kenners meen dit gaan daaroor dat hulle telke male die slagoffers van gewelddadige misdaad is. Kosmos 94.1 Nuus het met Kallie Venzke, die Namibiese Wapeneienaars-vereniging gepraat oor die stand van sake hier, en volgens hom, is dit baie anders.