Wanpraktyke oor gesondheidstenders dopgehou

Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko sê die departement gaan voort om amptenare se wanpraktyke met die verdeling van bestellings om tenders te verhoed, noukeurig dop te hou. Nkomo-Ralehoko het tydens die sitting van die provinsiale wetgewer mondelings antwoorde gegee. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê 14 transaksies van die Tembisa provinsiale tersiêre Hospitaal is reeds deur die kantoor van die ouditeur-generaal en Gauteng se ouditdienste raakgesien.