Walvisbaai-burgemeester verwelkom Amerikaanse vlootvaartuig

Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, is verheug oor die Amerikaanse Lewis B. Puller-vlootvaartuig, die USS Hershel “Woody” Williams, se ‘n hawe-besoek aan die kusdorp. Die Hershel “Woody” Williams is die eerste Amerikaanse vlootvaartuig wat aan die verantwoordelikheidsgebied van die VSA se Afrika-bevel toegewys is. Die skip het Walvisbaai ook in September 2021 besoek toe die bemanning opleiding aan die Namibiese vloot aangebied het. Vroeër vanjaar het die Namibiese vloot saam met Angola en Brasilië deelgeneem aan Exercise Obangame Express, die grootste jaarlikse maritieme veiligheids-oefening in Wes-Afrika. Tara van Eck van Kosmos 94.1 Nuus het met Forbes op Walvisbaai gesels.