Walvis-polisie skiet vermeende inbreker dood

Plaaslike media berig dat die polisie op Walvisbaai ‘n vermeende inbreker doodgeskiet het. Volgens wat berig word, is die polisie in die vroeë oggendure uitgeroep na ‘n insident van huisbraak in Kuisebmond. Twee vermeende rowers het die vlug ingeslaan toe die huiseienaar wakker geword het. Die polisie het hul spoor gevat en die twee ingehaal. Een het weggehardloop maar, Jeremiah Kristof het probeer om die polisie met ‘n onbekende voorwerp aan te val. Hy is in die rug en die arm geskiet en is op die toneel dood. Die ondersoek na die voorval duur voort.