Walvis moet vaste uitvoerende hoof aanstel – goewerneur

Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre het ‘n beroep op die Walvisbaai-munispaliteit gedoen om die aanstelling van die vaste hoof uitvoerende beampte te voltooi. Andre sê geen projekte kan voldoende uitgevoer of voltooi word nie. Die hawedorp is reeds sedert November verlede jaar sonder ‘n uitvoerende hoof.