Wallis se afrigter sê Springbokke is uitgerus

Rugby: Wallis se hoofafrigter, Wayne Pivac, sê die Springbokke behoort verfris te wees na ‘n week af, omdat die eerste twee toetse met feitlik heeltemal verskillende spanne gespeel is. Die reeks is tans gelykop met een elk en Pivac se span het môre die geleentheid om die reeks in die Kaapstadse stadion te wen. Wallis het net een verandering gemaak aan die opdrafspan en keer terug na die groep wat in die openingswedstryd gespeel het. Vir die Bokke is daar elf veranderinge. Pivac sê dit gaan ‘n taai stryd wees.