Wallabies ‘sal goeie teenstanders wees vir Leeus’

Rugby: Die Australiese beheerliggaam verwerp bewerings die Wallabies sal gedurende volgende jaar se toer van die Britse en Ierse Leeus nie goeie teenstanders wees nie. Dit volg na Australië se vernederende nederlaag in die Rugbykampioenskap van 27-67 verlede naweek teen die Pumas in Argentinië. Voormalige Engelse ster, Ben Youngs, sê die Leeus behoort eintlik weer in Suid-Afrika te toer. Die uitvoerende hoof van Rugby Australië, Phil Waugh, sê die Wallabies se grootste pak slae in hulle geskiedenis van 125-jaar verskuil die verbeterings wat reeds bereik is onder nuwe afrigter, Joe Schmidt.