Wagner-hoofde lei Belarus-soldate op
Belarus se ministerie van verdediging het ‘n video vrygestel van Wagner-groep huursoldate wat die land se dienspligtiges oplei, die eerste amptelike bevestiging dat die groep teenwoordig is op sy grondgebied ná die dramatiese maar kort muitery teen Rusland verlede maand. Wagner se hoof, Yevgeniy Prigozhin, het op 23 Junie gepoog om Die Russiese minister van verdediging Sergei Shoigu en die stafhoof Valery Gerasimov omver te werp. President Vladimir Putin het ingestem om aanklagte te laat vaar in ruil daarvoor dat Prigozhin die rebellie stopsit. Die Russiese president het gesê die huursoldate kan óf kontrakte met die Russiese weermag onderteken om aan te hou veg in die Oekraïne, na Belarus verhuis óf huis toe gaan.