Wag eers met billike energie-oordrag, sê vakbond
Die mynwerkersvakbond, NUM, vra die implementering van die buurland se billike energie-oordrag moet lank vertraag word. Volgens hulle is dit van kardinale belang om te verseker die oordrag is billik en regverdig vir sowel werkers as gemeenskappe. Die vakbond beklemtoon in ʼn verklaring dat die vinnige implementering van die oordrag na raming tot 51 000 werkverliese sal lei. NUM vra ook dat die proses om Eskom te ontbondel tydelik gestaak word totdat behoorlike gesprekvoering en ooreenkomste kan plaasvind.