Vyftig bome vir Boomplantdag gesteel

Vyftig bome wat aan die suidkus van KwaZulu-Natal geplant is ter viering van Boomplantweek, is gesteel. Verlede naweek het die Umtentweni-bewarea 92 bome in die omgewing geplant, waaronder Melkhout, Mahonie en Witstinkhout. Volgens berigte staan nog net 42 van die nuwe bome. Die Umtentweni-bewarea glo die diefstal is as gevolg van georganiseerde misdaad weens die hoeveelheid en die manier waarop die bome gesteel is. Die Port Shepstone-polisie ondersoek ‘n saak van diefstal.