Vyf SA-amptenare vas oor Bushiri

Vyf amptenare van die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake is geskors, omdat hulle die omstrede selfverklaarde Malawiese profeet Shepherd Bushiri glo onregmatig gehelp het om permanente verblyfreg in Suid-Afrika te kry. Hulle is intern aangekla en sal dissiplinêr verhoor word. Bushiri, die Malawiese stigter van die kerkgroep Enlightened Christian Gathering, en sy vrou, Mary, het in November uit Suid-Afrika verdwyn en in hul tuisland opgeduik. Die uitleweringsproses is nog aan die gang. Hulle is op borgtog van 200 000 Namibiese dollar weens klagte van bedrog, geldwassery en diefstal van meer as 102 miljoen Namibiese dollar.