Vyf mense sterf in brand in Kaapstad
Vyf mense, insluitend twee minderjariges, is dood toe woon-strukture in Kleinvlei in Kaapstad vanoggend aan die brand geraak het. Drie mense is beseer. Die woordvoerder van die stad se Brand- en Reddingsdiens, Jermaine Carelse, sê hulle is vanoggend in kennis gestel van woonplekke wat in Belladonna-straat aan die brand is. Hy sê spanne van Mfuleni, Kuilsrivier, Strand en Belhar is na die toneel gestuur.