Vyf lande sal oorleef as wêreld ineenstort

Navorsers van die Globale Volhoubaarheidsinstituut by die Anglia Ruskin Universiteit in Engeland sê vyf lande in die wêreld sal waarskynlik binne hulle grense oorleef indien die wêreldbeskawing ineenstort. Nieu-Seeland is bo-aan die lys, gevolg deur Ysland, die Verenigde Koninkryk, Ierland en Australië. Volgens die studie kan so ‘n wêreldwye ineenstorting binne dekades plaasvind weens ‘n sameloop van ekologiese vernietiging, beperkte hulpbronne en bevolkingsgroei. Dit sal lei tot die verbrokkeling van voorsieningskettings, internasionale ooreenkomste en die wêreld se finansiële strukture.