Vulstasie-eienaars het meer as 50 sent verwag… ook vir meer gevra

Die Namibiese ministerie van myne en energie het tydens die aankondiging van die brandstofprys vir Augustus, ook besluit om die netelige kwessie waarby brandstof-kleinhandelaars betrokke is, aan te spreek deur die handelaarsmarge met 50 sent per liter van 113 sent per liter tot 163 sent per liter te verhoog. Hierdie veranderings sal vanaf 3 Augustus 2022 in werking tree. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle meer as 50 sent per liter verwag het.