Vulkan se krater stort ineen

Die lawavloei van die Cumbre Vieja-vulkaan op La Palma het verdik nadat die vulkaan se krater ineengestort het en groot ontploffings veroorsaak het. Owerhede op die eiland sê inperkings is steeds nodig as gevolg van die giftige gasse wat vrygelaat word wanneer die lawa die see bereik, maar daar sal die verdere ontruimings wees nie. Drie keer die hoeveelheid lawa is tydens die uitbarsting vrygestel as dat wat in 1971 gemeet is, en dit in ‘n kwart van die tyd. Ongeveer 1 000 geboue is verwoes sedert die vulkaan op 19 September uitgebars het. Die Spaanse eerste minister Pedro Sanchez het 206 miljoen euro in hulp aan die eiland beloof.