Vul julle uitvoerende hoof-poste: Uutoni

Die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, het riglyne aan verskeie plaaslike owerheidsrade regoor Namibië uitgereik, waarin hy kommer uitspreek oor langdurige vakatures in hul uitvoerende hoofde-poste. Utoni beklemtoon die kritieke rol van uitvoerende hoofde om effektiewe dienslewering en die implementering van kapitaalprojekte te verseker. Hy het burgemeesters en voorsitters versoek om die werwingsproses te bespoedig en die noodsaaklike poste nie later nie as 30 Junie te vul. Van die groter dorpe wat geraak word is Grootfontein, Otjiwarongo, Lüderitz en Rehoboth.