VSA voer samesprekings in Saoedi-Arabië met kroonprins

Die Amerikaanse President, Joe Biden, se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, reis vandag na Saoedi-Arabië om samesprekings te voer met kroonprins Mohammed bin Salman oor die situasie in Jemen. Arabiese media berig sewe maande nadat Amerika die Houthi’s van sy lys van buitelandse terroriste-organisasies verwyder het, maak die soldate meer mense as ooit dood en verskerp boonop pogings om die hele Jemen onder hulle streng doktrine te verenig. Houthi-magte versterk volgens berigte hulle opmars na sentraal-Jemen en brei ook gevegte in die Suide uit.