VSA veto resolusie vir skietstilstand

Amerika het ʼn konsepresolusie ge-veto wat Algerië by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ingedien het waarin ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza gevra word. Dertien van die 15 lede het Algerië se resolusie ondersteun terwyl die Verenigde Koninkryk buite stemming gebly het. Amerika het in sy eie konsepresolusie gevra dat ʼn tydelike skietstilstand so gou moontlik ingestel word op voorwaarde dat alle gyselaars vrygelaat word. Die Verenigde Arabiese Emirate se adjunk-ambassadeur by die VN, Mohamed Abushahab, sê hy is diep teleurgesteld deur die uitslag van die stemmery: