VSA-verkiesings: Dit was toe nie ‘n rooi-vlaag nie

Die uitslae van die tussenverkiesing in die VSA is nog nie almal in nie met deelstate soos Nevada en Arizona wat nog moet verklaar, en Georgia se senaatsetel wat eers in Desember bepaal sal word. Maar, die sogenaamde rooi-vlaag wat verwag is het toe nie gebeur nie en kenners meen dis as gevolg van kiesers tussen die ouderdomme van 18 en 30 wat kwellings het oor klimaatsverandering en aborsieregte. Die Demokrate sal die huis verloor maar, die uitslae vir die senaat is steeds onduidelik. Dit wil voorkom asof Joe Biden die mees suksesvolle eerste-termyn president in meer as 40 jaar is. Hy sal ongeveer 20 setels in die huis verloor met Bill Clinton wat 52 verloor het, Barack Obama wat 63 verloor het en Donald Trump wat 40 verloor het. Biden het met die media gepraat.

En op ‘n vraag of hy weer in 2024 sal staan?

En op ‘n vraag oor watter van die twee, Ron de Santis of Donald Trump, ‘n moeiliker teenstander sal wees…