VSA tree op teen Siriese agent van 2013-slagting

Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê hy gaan Amjad Yousef, ‘n Siriese amptenaar wat betrokke was by die April 2013-slagting van minstens 41 burgerlikes, aanspreeklik hou. Amerika het Yousef en sy naaste familie verbied om die land binne te kom. Hy was een van talle Siriese sekerheids-agente wat verlede jaar in ‘n uitgelekte video verskyn het waarin tientalle geblinddoekte, vasgebinde mans geskiet en in ‘n loopgraaf gegooi is. Blinken sê Amerika gaan voort om reg te laat geskied vir slagoffers van die Assad-regime.