VSA, Rusland probeer steeds Oekraïne-spanning verlig

Washington en Moskou se top-diplomate het gister by hoëvlak-samesprekings ooreengekom om steeds te probeer om die spanning rondom die Oekraïne te verlig. Die Verenigde State het onderneem om volgende week skriftelik te reageer op Moskou se sekerheidseise. Te midde van vrese dat Rusland sy pro-Weste-buurland kan binneval, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, en en sy Russiese eweknie, Sergei Lavrov, vir 90 minute vergader. Samesprekings is inderhaas in Genève gereël. Rusland het duisende troepe op die Okraïense grens opgebou, maar ontken enige voorneme om die land binne te val. Rusland vra egter sekerheidswaarborge, insluitend ‘n permanente verbod op die buurland se aansluiting by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.