VSA perde-eienaars kry nie ivermektien nie

Perde-eienaars in Amerika wat ivermektien gebruik om hulle diere te ontwurm, sukkel om dit in die hande te kry. Dit is omdat mense dit as behandeling teen Covid-19 koop, al is die geldigheid daarvan nog nie bewys nie. Amerikaanse media berig mense wat die medisyne teen parasiete in vee wil koop, kom voor leë rakke te staan. Die landboubedryf in Florida loop ook deur omdat die produk uitverkoop is. In sommige gevalle het die prys van ivermektien meer as verdubbel.