VSA-owerheid keur nuwe Alzheimer-medikasie goed
Die nuwe behandeling vir Alzheimer, Leqembi, het standaard-goedkeuring van die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie verkry, die eerste Alzheimer-behandeling ooit. Die administrasie se besluit is ‘n nuwe mylpaal vir die dodelike siekte wat wetenskaplikes vir dekades ontwyk het. Proefdata toon dat die behandeling die vordering van die siekte met 27 persent vertraag maar net in die vroegste stadiums daarvan. Leqembi is ‘n teenliggaam wat ontwerp is om neerslae van ‘n proteïen genaamd amyloïed beta uit die brein van Alzheimer-pasiënte te verwyder. Die proteïen veroorsaak verharding van die senuweestelsel in die brein.