VSA-moordbeskuldigde kry regshulp vir siviele saak maar Dippenaar nie?

Die saak van die omstrede Amerikaanse moordbeskuldigde Kevan Townsend, waar hy skadevergoeding van 150 000 Namibiese dollar by Trusto eis, kom vlugtig vandag voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula voor ter voorbereiding van die verhoor wat vir volgende week neergelê is. Townsend sê Trustco het deur sy Informante-koerant, hom beswadder deur hom te beskryf as ‘n sluipmoordenaar en moordenaar. Townsend staan saam met Marcus Thomas op klagte van die moord van Andre Heckmair in Januarie 2011. Hy het verskeie male die saak laat uitstel vir talle redes. Hy het vir dié dagvaardiging regshulp van die staat ontvang. Die toestaan van regshulp het vrae laat ontstaan omdat regshulp byvoorbeeld aan Jandre Dippenaar geweier is in sy siviele saak.