VSA-hooggeregshof moet besluit oor Biden se studieskuldplan

President Joe Biden se studente-verligting is vir eers gestaak na Republikeine suksesvol daarteen betoog het in die hof. Die plan het tussen 10 000 en 20 000 Amerikaanse dollar se studieskuld afgeskryf. Biden sê daar is vir nou eers ‘n stilstand op enige terugbetalings tot einde Junie volgende jaar terwyl die land se hooggeregshof die kwessie oorweeg.