VSA het pandemie onder diegene wat nie geënt is nie

Amerika se voorste kenner van oordraagbare siektes, Anthony Fauci, sê die koronavirus-situasie in die Verenigde State is besig om ‘n pandemie te word onder diegene wat nie ingeënt is nie. Die daaglikse Covid-19-infeksiesyfers in die land het weer begin toeneem. Amerika het tot dusver meer as 35 miljoen gevalle en net minder as 627 000 sterftes aangemeld. Meer as 162 miljoen Amerikaners is ingeënt. Fauci sê ‘n aanbeveling dat persone wat ingeënt is maskers moet dra, word aktief deur gesondheidsbeamptes oorweeg: