VSA gaan dalk regulasies van reisigers uit China verslap

Amerika gaan na verwagting Vrydag sy Covid-toetsvereistes vir reisigers uit China verslap. Die Amerikaanse regering het besluit om die vereistes te verslap omdat infeksies, hospitalisasies en sterftes weens die virus in China daal. Die land het ook beter inligting versamel oor die vlaag infeksies waaronder china gebuk gegaan het. Die VSA het vroeg in Januarie, soos onder meer Indië, Kanada, Italië en Japan nuwe maatreëls teen reisigers van China ingestel.