VSA berei bystandspakket van US$1 miljard vir Oekraïne voor

Amerika berei ‘n nuwe een miljard Amerikaanse dollar veiligheids-bystandspakket voor vir Oekraïne, wat ammunisie vir wapens en gepantserde voertuie sal insluit. Die pakket sal een van die grootstes tot dusver wees en sal na verwagting so vroeg as Maandag aangekondig word. Die VSA het sedert die begin van die Russiese inval op 24 Februarie sowat 8,8 miljard dollar in bystand aan Oekraïne gegee. Die amptenare wat met internasionale nuusagentskappe gepraat het, het gesê President Joe Biden het nog nie die volgende wapenpakket onderteken nie en gewaarsku dat wapenpakkette in waarde en inhoud kan verander voordat dit onderteken word.