Vrywillige werkers hervat hul pligte by gesondheidsministerie

Na die voortdurende gestoei tussen die Namibiese gesondheidsministerie en die Covid-vrywillige werkers oor hul kontrak wat beëindig is, het die ministerie besluit om al die vrywilligers te herroep om hul pligte vanaf 1 November tot 31 Desember 2022 te hervat. Die vrywillige werkers se kontrakte is op 31 Oktober vanjaar beëindig. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die besluit is geneem na beraadslaging oor die aangeleentheid.

Nangombe sê hoewel November op sy einde is, sal die vrywillige werkers hul volle salarisse ontvang.