Vrywillige afdankings begin by TransNamib

TransNamib het volgens berigte begin met die proses om 340 werkers af te dank, op ‘n vrywillige basis. Die proses het die maand begin en sal teen einde Maart volgende jaar voltooi wees. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Johny Smith sê die afleggings uiters belangrik om die oorlewing van die maatskappy te verseker. Daar was ‘n merkbare afname in vrag volumes en dus, is daar talle oortollige poste. Smith het bygevoeg dat geen werknemer wat kwalifiseer vir aflegging gedwing sal word nie. Die proses sal die maatskappy 44 miljoen Namibiese dollar kos.