Vrystaat verskerp landelike veiligheid na 7 vermoor is op een plaas

Die Vrystaatse LUR vir Landbou en Grondhervorming, Thembeni Nxangisa, sê sy departement kyk na kwessies van veiligheid op plase in die oostelike deel van die provinsie. Dit volg nadat die eienaar van die Lismor-plaas in Kestell Vrydag afgekom het op die liggame van sewe mense. Twee verdagtes is intussen in hegtenis geneem en sal môre die tweede keer in die Landdroshof in Kestell verskyn vir borgtogaansoeke. Nxangisa het gevra dat ‘n swaar vonnis opgelê word aan diegene wat aan die misdaad skuldig bevind is.