Vryhandelooreenkoms sal vervoer-infrastruktuur aandryf

Kenners sê Afrika se Vryhandelsgebied sal die swak pad- en spoorstelsels op die vasteland verbeter. Die uitvoerende hoof van buurland se Waymaker Trade Solutions, Thina Nodada, sê daar was nog nooit ‘n gunstiger tyd vir klein, medium en mikro-ondernemings om die internasionale arena met die handel van hul goedere te betree nie. Nodada het die vasteland aangemoedig om te belê in sleutelvervoergebiede, insluitend see, lug, koerier, padvrag en spoor. Die Vryhandelsooreenkoms het 43 partye en ‘n verdere 11 ondertekenaars.