Vrouespan sien uit na stryd teen die Barbarians

Die Springbokvroue se hulpafrigter, Lungisa Kama, sê hy verwag ‘n taai stryd Saterdag teen die Barbarians op Twickenham. Hy sê hy is veral in sy skik met van die drieë wat sy span in hul afgelope twee wedstryde, teen Wallis en Engeland se Onder20’s aangeteken het. Hy meen die uitdaging gaan Saterdag wees om op hul eie spel te konsentreer en nie ontwrig te raak deur die avontuurlustige gees van die Baabaas nie: