Vroue verfraai bushalte in hoofstad

Die Namibiese Vroue-vereniging se dames van die Lekkerlag-tak het die bushalte in Coetzeestraat in Pionierspark geverf vir hul Bewaar-, bewoon-, en bewerk-projek vir die jaar. Hulle is Celine Rust, Adele Bocking, Linda Honnibal, Yvonne Maree, Mariaan Wessels en Jennifer Vermeulen. ‘n Lid van die vereniging, Yvonne Marre, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die inisiatief en sê hulle hoop om voort te gaan.