Vroue se As-reeks vervroeg

Die reeks om die As tussen Engeland en Australië se vrouespanne is met ‘n week vervroeg om spelers in staat te stel om hulle in Nieu-Seeland af te sonder voor die Wêreldbeker begin. Die reeks begin nou op die 20ste van die maand in Adelaide met die eerste van drie T20’s. Die spanne takel mekaar daarna in een toets en drie eendagwedstryde. Engeland het laas in die 2013/2014-seisoen die reeks gewen. Die Wêreldbekertoernooi begin op 4 Maart.