Vroue moet bemagtig word in SA landbousektor

Transformasie, insluiting en diversiteit kan die noodsaaklike drywers vir groei in die Suid-Afrikaanse landbousektor en vir die land as geheel wees. Dit is volgens Nedbank se hoof van landbousake, John Hudson. Hy sê deur ‘n meer diverse en inklusiewe omgewing te ondersteun, kan die sektor werkgeleenthede skep en voedselsekuriteit en volhoubaarheid bevorder. Die landbousektor het in 2020 met 13,1 persent gegroei, 8,3 persent verlede jaar en tot dusver vanjaar 3,3 persent, jaar-op-jaar. Hudson sê dit is belangrik om vroue in die sektor te bemagtig.