Vroue in DK gegesel vir kort rompies

Vroue en meisies is deur burgermaglede in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo gegesel omdat hulle kort rompe of broeke gedra. Die land se owerhede sê die oortreders sal gevind word en gestraf word. Eerste minister Jean-Michel Sama Lukonde het dit as vernederend en onmenslik beskyf. Volgens berigte is die lede van die Malaika-groep wat Islamitiese Sharia-wette toepas. ‘n Regeringsafvaardiging sal na die gebied – Salambila, in die oostelike provinsie Maniema – gestuur word en terugrapporteer sodat die oortreders gestraf kan word. Die Malaika-groep is een van verskeie gewapende groepe wat vrylik bedrywig is in die ooste van die land.