Vroue- en kindermishandeling in Mosambiek ondersoek

Mosambiek is gevra om hernude bewerings te ondersoek dat vroue oorreed word om seks of geld te gee in ruil vir voedselhulp in streke waar ‘n insypeling reeds vier jaar voortduur. ‘n Navorser van Human Rights Watch, Zenaida Machado, sê plaaslike amptenare in Cabo Delgado stel die eise aan die vroue wat die kos eintlik gratis moet kry van internasionale humanitêre programme. Internasionale nuusagentskappe berig die mishandeling vind plaas waar ontwortelde mense weerloos is, veral vroue en kinders.