Vroue-bokspan is gereed vir Europa

Die afrigter van die Vroue-Springbokspan, Stanley Raubenheimer, sê hy sien uit na ‘n uitdagende toer na Europa. Die span speel volgende Saterdag teen Frankryk in Vannes voor hulle Wallis in Cardiff aandurf. Van daar reis hulle na Engeland vir oefenwedstryde teen die Rose. Hulle hoop om hul toer op ‘n hoë noot af te sluit met ‘n oorwinning oor die Barbarians op Twickenham. Raubenheimer sê hulle het die afgelope twee jaar maar min speelkans gekry: