Vroue bedek julle en verhoed verkragting – Imran Khan

Pakistan se Premier, Imran Khan, word van verstommende onkunde beskuldig nadat hy vroue se manier van aantrek met die land se verkragtings-krisis verbind het. Die gewese krieketspeler, wat aan Oxford studeer het, het tydens ‘n regstreekse televisie-onderhoud gesê die toename in verkragtings dui op die gevolge van enige samelewing waar ‘n onsmaaklike leefstyl aan die toeneem is. Khan het vroue ook aangeraai om hulle te bedek sodat mans nie uitgelok word om hulle te verkrag nie, en gesê nie almal het die wilskrag om die versoeking te weerstaan nie.