Vrou wat na bewering haar drie dogtertjies vermoor het as introvert beskryf

Die Suid-Afrikaanse vrou wat van die beweerde moord op haar drie dogtertjies aangekla word kort na haar gesin na Nieu-Zeeland emigreer het, word as ‘n sagte mens en ‘n introvert beskryf. Natasja le Roux, ‘n voormalige kollega in Pretoria en buurvrou van die 40-jarige dokter Lauren Dickason, het aan die Nieu-Seelandse nuusagentskap Stuff gesê wat gebeur het is totaal onbegryplik. Dickason word in ‘n veilige forensiese geestesgesondheidseenheid in Timaru aangehou tot haar volgende hofverskyning op die vyfde van aanstaande maand.