Vrou vas oor rooftog by Chinese burger

Die streeksbevelvoerder van Khomas-streek kommissaris Ismael Basson het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n vrou in verband met verlede week se gewapende rooftog by ‘n Chinese burger se huis in Hochlandpark in Windhoek in hegtenis geneem is. Onder die vyf verdagtes is die vrou wat as skoonmaker by die huis gewerk het. Basson sê van die gesteelde geld en items is by haar teruggevind.