Vrou op Rehoboth vermoedelik deur haar eks-kêrel verwurg

‘n Namibiese vrou is dood in haar slaapkamer op Rehoboth gevind met sigbare merke op haar nek wat vermoedelik as gevolg van verwurging is. Volgens die Namibiese polisie is die 36-jarige Christiana Beukes se 42-jarige Namibiese eks-kêrel in hegtenis geneem by die ou Bahnhof-hotelgebou in Rehoboth. Haar liggaam is na die staatslykshuis geneem vir ‘n nadoodse ondersoek om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die polisie-ondersoek duur voort.