Vrou bedrieg kêrel met swangerskap, vals klagte van geweld

Dit is algemeen in Namibië om klem te lê op die gedrag van mans wanneer dit kom by geslagsgeweld maar, vroue maak hulle toenemend ook skuldig daaraan. Plaaslike media berig dat ‘n vrou, die 36-jarige Heather Mathews, borg van 1 500 dollar in die landdroshof in Katutura ontvang het nadat sy haar kêrel Willem Hatutale uit 10 000 dollar bedrieg het deur te beweer sy is swanger. Volgens berigte wou hy haar los toe sy die aankondiging maak. Later het sy geld gevra vir sorg tydens haar swangerskap. Hy het gedurende April Windhoek toe gereis om te kyk hoe dit met haar gaan. Sy het hom blykbaar ontwyk en het ook ‘n klag by die geslagsministerie gemaak dat hy haar misbruik en wil haar vermoor. Na ‘n ondersoek gelas is, is daar bevind haar aantygings is onwaar. Sy het ook toegegee dat sy nie swanger is nie.