Vrotpootjie kan ‘n uitdaging word, veearts gee raad

Efundja bring meer as net gevaar vir mense en infrastruktuur. Vee wat vir lang periodes in water of modder staan ontwikkel ook vrotpootjie. Volgens Windhoek-veearts, dr. Theuns Laubscher, is die oplossing glad nie so eenvoudig nie. Hy het raad vir boere wat moontlik die uitdaging het.